PECULIAR LIVING
'n ander

evangelie

Want die woord van God is lewend en kragtig en skerper as enige tweesnydende swaard, en dring deur tot die skeiding van siel en gees en van gewrigte en murg, en is ‘n beoordelaar van die oorlegginge en gedagtes van die hart. En daar is geen skepsel onsigbaar voor Hom nie, maar alles is oop en bloot voor die oë van Hom met wie ons te doen het.

Hebreërs 4:12-13

Geliefdes, glo nie elke gees nie, maar stel die geeste op die proef of hulle uit God is, want baie valse profete het in die wêreld uitgegaan. Hieraan ken julle die Gees van God: elke gees wat bely dat Jesus Christus in die vlees gekom het, is uit God; en elke +gees wat nie bely dat Jesus *Christus in die vlees gekom het nie, is nie uit God nie; en dit is +die gees van die Antichris waarvan julle gehoor het dat hy kom, en hy is nou al in die wêreld.
1 Johannes 4:1-3 *Romeine 8:3
Maar daar was ook valse profete onder die volk, net soos daar onder julle valse leraars sal wees wat verderflike ketterye heimlik sal invoer, en ook die Here wat hulle gekoop het, verloën en ‘n vinnige verderf oor hulleself bring; en baie sal hulle verderflikhede navolg, en om hulle ontwil sal die weg van die waarheid gelaster word; en uit hebsug sal hulle met verdigte woorde voordeel uit julle trek. Oor hulle is die oordeel van lankal af nie werkeloos nie, en hulle verderf sluimer nie.
2 Petrus 2:1-3

Daar is ‘n weg wat vir ‘n mens reg lyk, maar die einde daarvan is weë van die dood. Spreuke 16:25

WANT AS IEMAND *'N ANDER JESUS KOM VERKONDIG WAT ONS NIE VERKONDIG HET NIE, OF *JULLE ONTVANG +'N ANDER GEEs WAT JULLE NIE ONTVANG HET NIE, OF 'N ANDER EVANGELIE WAT JULLE NIE AANVAAR HET NIE, - VERDRA JULLE DIT GEREDELIK.
2 KORINTHIËRS 11:4 2020 VERTALING *ROM. 8:9-11

WANT SEKERE MENSE HET INGESLUIP WAT LANK TEVORE AL OPGESKRYF IS VIR HIERDIE OORDEEL, GODDELOSE MENSE WAT DIE GENADE VAN ONSE GOD VERANDER IN ONGEBONDENHEID,

EN DIE ENIGSTE HEERSERGOD, EN ONSE HERE JESUS CHRISTUS VERLOËNJUDAS 1:4

EN JULLE HET DIE SALWING VAN DIE HEILIGE EN WEET ALLES. EK HET NIE AAN JULLE GESKRYWE OMDAT JULLE DIE WAARHEID NIE KEN NIE, MAAR OMDAT JULLE DIT KEN EN OMDAT GEEN LEUEN UIT DIE WAARHEID IS NIE. WIE IS DIE LEUENAAR, BEHALWE HY WAT ONTKEN DAT JESUS DIE CHRISTUS IS? DIT IS DIE ANTICHRIS WAT DIE VADER EN DIE SEUN LOËN. ELKEEN WAT DIE SEUN LOËNHET OOK NIE DIE VADER NIE. WAT JULLE DAN VAN DIE BEGIN AF GEHOOR HET, LAAT DIT IN JULLE BLY. AS IN JULLE BLY WAT JULLE VAN DIE BEGIN AF GEHOOR HET, DAN SAL JULLE OOK IN DIE SEUN EN IN DIE VADER BLY. EN DIT IS DIE BELOFTE WAT HY ONS BELOOF HET, NAAMLIK *DIE EWIGE LEWE. DIT HET EK AAN JULLE GESKRYWE MET BETREKKING TOT DIE WAT JULLE MISLEI. EN DIE SALWING WAT JULLE VAN HOM ONTVANG HET, BLY IN JULLE, EN JULLE HET NIE NODIG DAT IEMAND JULLE LEER NIE; MAAR SOOS DIESELFDE SALWING JULLE AANGAANDE ALLES LEER, SO IS DIT OOK WAAR EN GEEN LEUEN NIE; EN SOOS DIÉ JULLE GELEER HETSO MOET JULLE IN HOM BLY.         1 JOH. 2:20-27, *JOH.17:3 

EK VERWONDER MY DAT JULLE SO GOU AFVALLIG WORD VAN HOM WAT JULLE DEUR DIE GENADE VAN CHRISTUS GEROEP HET, NA ‘N ANDER EVANGELIE TOE, TERWYL DAAR GEEN ANDER IS NIE; BEHALWE DAT DAAR SOMMIGE MENSE IS WAT JULLE IN DIE WAR BRING EN DIE EVANGELIE VAN CHRISTUS WIL VERDRAAI. MAAR AL SOU ONS OF ‘N ENGEL UIT DIE HEMEL JULLE ‘N EVANGELIE VERKONDIG IN STRYD MET DIE WAT ONS JULLE VERKONDIG HET, LAAT HOM ‘N VERVLOEKING WEES! SOOS ONS VANTEVORE GESÊ HET, SÊ EK NOU OOK WEER: AS IEMAND JULLE ‘N EVANGELIE VERKONDIG IN STRYD MET DIE WAT JULLE ONTVANG HET, LAAT HOM ‘N VERVLOEKING WEES! SOEK EK DAN NOU DIE GUNS VAN MENSEOF VAN GOD? OF PROBEER EK OM MENSE TE BEHAAG? AS EK NOG MENSE BEHAAG, DAN SOU EK NIE ‘N DIENSKNEG VAN CHRISTUS WEES NIE.

 GALÁSIËRS 1:6-10

Maar Jesus het stilgebly. En die hoëpriester antwoord en sê vir Hom: Ek besweer U by die lewende God dat U vir ons sê of U die Christus, die Seun van God, is?Matthéüs 26:63
Hy sê vir hulle: Maar julle, wie sê julle is Ek? En Simon Petrus antwoord en sê: U is die Christus, die Seun van die lewende God. Toe antwoord Jesus en sê vir hom: Salig is jy, Simon Bar-Jona, want vlees en bloed het dit nie aan jou geopenbaar nie, maar my Vader wat in die hemele is. En Ek sê ook vir jou: Jy is Petrus, en op hierdie rots sal Ek my gemeente bou, en die poorte van die doderyk sal dit nie oorweldig nie. Matthéüs16:15-18
glo die ware

evangelie...

...genade, barmhartigheid, vrede sal met julle wees van God die Vader en van die Here Jesus *Christus, *die Seun van die Vader, in waarheid en liefde.
2 Johannes 1:3

Want baie verleiers het in die wêreld ingekom: die wat nie bely dat Jesus *Christus [*die Seun] in die vlees gekom het nie. Dit is die verleier en die Antichris.
2 Johannes 1:7 *Romeine 8:3

Elkeen wat ‘n oortreder is en nie bly in die leer van Christus nie, hy het God nie. Wie in die leer van Christus bly, hy het die Vader sowel as die Seun.
2 Johannes 1:9