PECULIAR LIVING
welkom

geliefde

ONS WEBTUISTE IS FEITLIK NET 'WOORD' WANT ONS ANTWOORD EN sê SAAM MET JESUS: Daar is geskrywe: Die mens sal nie van brood alleen lewe nie, maar van elke woord wat deur die mond van God uitgaan.
VIR DIE BESTE KYKERVARING GEBRUIK U REKENAAR. 
Kom Kyk So Nou En Dan Vir Iets Nuuts In Die Navigasiebalk . Stuur gerus u vrae vir 'n Bybelse Antwoord. 
BESOEK GERUS ook ONS VRIENDE DEUR OP DIE "SKAKEL" TE DRUK.



het u al hierdie vrae gevra?
wat vra die here van my,WAT KAN EK VIR HOM GEE...

wat kan ek vir hom doen? 

Hy het aan jou, mens, bekend gemaak wat goed is: Wat anders eis die HERE van jou as om net te doen wat reg is, om troue liefde te bewys en om nederig die pad saam met jou God te loop? Miga 6:8 2020 vertaling.                     

"Waarmee sal ek die HERE tegemoetgaan, my neerbuig voor die verhewe God?
Sal ek Hom tegemoetgaan met brandoffers, met jaaroudkalwers? Sal die HERE genoeë neem met duisende ramme, met tien duisende strome van olyfolie? Moet ek my eersgeborene gee vir my oortreding, die vrug van my liggaam vir my eie sondes?"
Miga 6:6, 7 2020 vertaling. 
Daarop sê Samuel: Het die HERE behae in brandoffers en slagoffers soos in gehoorsaamheid aan die stem van die HERE? Kyk, om gehoorsaam te wees is beter as slagoffer, om te luister beter as die vet van ramme. 1 Samuel 15:22 
En Jesus antwoord hom: Die eerste van al die gebooie is: Hoor, Israel, die Here, onse God, is ‘n enige Here; en jy moet die Here jou God liefhê uit jou hele hart en uit jou hele siel en uit jou hele verstand en uit jou hele krag. Dit is die eerste gebod. En die tweede, hieraan gelyk, is dit: Jy moet jou naaste liefhê soos jouself. Daar is geen ander gebod groter as dié nie. Markus 12:29-31
Wees aan niemand iets skuldig nie, behalwe om mekaar lief te hê; want hy wat ‘n ander liefhet, het die wet vervul. Die liefde doen die naaste geen kwaad nie; daarom is die liefde die vervulling van die wet. Romeine 13: 8 en 10
Ek vermaan julle dan, broeders, by die ontferminge van God, dat julle jul liggame stel as ‘n lewende, heilige en aan God welgevallige offer dit is julle redelike godsdiens. En word nie aan hierdie wêreld gelykvormig nie, maar word verander deur die vernuwing van julle gemoed, sodat julle kan beproef wat die goeie en welgevallige en volmaakte wil van God is. Romans 12:1-2


net liefde...

wie is u & ken ons u werklik? 

want in Hom lewe ons, beweeg ons en is ons,..: Want ons is ook sy geslag. Handelinge 17:28
Hartklop van Vader
 WhatsApp +27 84 603 0635
Biblioteek

toets die leer

wie is

ONS

Ek en die Vader is Een.

 …een God, die Vader uit wie alles is,

  een Here Jesus Christus deur wie alles is.

 …dat daar geen ander God is nie, behalwe Een. Johannes 10:30; 1 Korinthiërs 8:4 & 6; Maleági 2:10. 

…aan al die geliefdes van God, geroepe heiliges wat in Rome is: Genade vir julle en vrede van              

God onse Vader en die Here Jesus Christus! Romeine 1:7

Genade vir julle en vrede van God onse Vader en die Here Jesus Christus!  1 Korinthiërs 1:3

Genade vir julle en vrede van God, onse Vader, en die Here Jesus Christus.    2 Korinthiërs 1:2 

Paulus, ‘n apostel nie vanweë mense of deur ‘n mens nie, maar deur Jesus Christus en God die Vader wat Hom uit die dode opgewek het, Galásiërs1:1

Genade vir julle en vrede van God die Vader en onse Here Jesus Christus, Galásiërs 1:3

Genade vir julle en vrede van God, onse Vader, en die Here Jesus Christus! Efésiërs 1:2

Geseënd is die God en Vader van onse Here Jesus Christus wat ons geseën het met alle geestelike seëninge in die hemele in Christus, Efésiërs 1:3

Genade vir julle en vrede van God onse Vader en die Here Jesus Christus! Filippense 1:2

...aan die heilige en gelowige broeders in Christus wat in Kolosse is: Genade vir julle en vrede van

God onse Vader en die Here Jesus Christus! Ons dank die God en Vader van onse Here Jesus Christus

 altyd as ons vir julle bid, Kolossense 1:2-3

…die gemeente van die Thessalonicense wat in God die Vader en die Here Jesus Christus is:

Genade vir julle en vrede van God onse Vader en die Here Jesus Christus! 1 Thessalonicense1:1

 en onophoudelik in gedagte hou die werk van julle geloof en die arbeid van julle liefde en die lydsaamheid van julle hoop op onse Here Jesus Christus, voor onse God en Vader, 1 Thessalonicense 1:3

Paulus en Silvánus en Timótheüs aan die gemeente van die Thessalonicense in God onse Vader en

 die Here Jesus Christus: Genade vir julle en vrede van God onse Vader en die Here Jesus Christus! 2 Thessalonicense 1:1-2

Paulus, ‘n apostel van Jesus Christus, volgens die bevel van God, ons Verlosser, en van die Here Jesus Christus, ons Hoop, aan Timótheüs, my ware kind in die geloof: Genade, barmhartigheid, vrede van God onse Vader en Christus Jesus, onse Here! 1 Timótheüs 1:1-2

...aan Timótheüs, my geliefde kind: Genade, barmhartigheid, vrede van God die Vader en  Christus Jesus, onse Here! 2 Timótheüs 1:2

 Paulus, ‘n dienskneg van God en ‘n apostel van Jesus Christus, volgens die geloof van die uitverkorenes van God en die kennis van die waarheid wat na die godsaligheid is, Titus 1:1

Genade, barmhartigheid, vrede van God die Vader en die Here Jesus Christus, ons Verlosser! Titus 1:4

Genade vir julle en vrede van God onse Vader en die Here Jesus Christus! Filémon 1:3

Nadat God baiekeer en op baie maniere in die ou tyd gespreek het tot die vaders deur die profete, het Hy in hierdie laaste dae tot ons gespreek deur die Seun Hebreërs1:1

Jakobus, ‘n dienskneg van God en die Here Jesus Christus, aan die twaalf stamme wat in die verstrooiing is: Groete! Jakobus 1:1

uitverkore volgens die voorkennis van God die Vader, in die heiligmaking van die Gees, tot gehoorsaamheid en besprenkeling met die bloed van  Jesus Christus: Mag genade en vrede vir julle vermenigvuldig word! 1 Petrus 1:2 (1Joh. 2:20, 22-24, 27; 2 Kor.1:2, 21. 1 Pet.1:11; Fil. 1:19; Rom.8:9; 2 Kor. 3:17.)

Simeon Petrus, ‘n dienskneg en apostel van Jesus Christus, aan die wat net so ‘n kosbare geloof as ons verkry het deur die geregtigheid van onse God en Saligmaker, Jesus Christus: Mag genade en vrede vir julle vermeerder word deur die kennis van God en Jesus, onse Here!

2 Petrus 1:1-2  (2 Pet. 1:17)

en die lewe is geopenbaar, en ons het dit gesien, en ons getuig en verkondig aan julle die ewige lewe wat by die Vader was en aan ons geopenbaar is— wat ons gesien en gehoor het, verkondig ons aan julle, sodat julle ook gemeenskap met ons kan hê; en ons gemeenskap is met die Vader en met sy Seun,    Jesus Christus. 1 Johannes 1:2-3 

...genade, barmhartigheid, vrede sal met julle wees van God die Vader en van die Here Jesus Christus,

 die Seun van die Vader, in waarheid en liefde. 2 Johannes 1:3 

Judas, ‘n dienskneg van Jesus Christus en broer van Jakobus, aan die wat geroep, in God die Vader geheilig en vir Jesus Christus bewaar is: Judas 1:1 

Geliefdes, terwyl ek alle ywer aanwend om aan julle oor ons gemeenskaplike saligheid te skrywe, het ek die noodsaaklikheid gevoel om julle deur my skrywe te vermaan om kragtig te stry vir die geloof wat eenmaal aan die heiliges oorgelewer is. Want sekere mense het ingesluip wat lank tevore al opgeskryf is vir hierdie oordeel, goddelose mense wat die genade van onse God verander in ongebondenheid, en die enigste Heerser, God, en onse Here Jesus Christus verloën. Judas 1:3-4 

Die openbaring van Jesus Christus wat God Hom gegee het om aan sy diensknegte te toon wat gou moet gebeur, en wat Hy deur die sending van sy engel aan sy dienskneg Johannes te kenne gegee het, Openbaring 1:1 

...wat getuig het van die woord van God en die getuienis van Jesus Christus alles wat hy gesien het. Openbaring 1:2 

Johannes aan die sewe gemeentes in Asië: Genade vir julle en vrede van Hom wat is en wat was en wat kom, en van die sewe Geeste wat voor sy troon is, en van Jesus Christus, die getroue getuie, die eersgeborene uit die dode en die Owerste oor die konings van die aarde! Aan Hom wat ons liefgehad het en ons van ons sondes gewas het in sy bloed en ons gemaak het konings en priesters vir sy God en Vader, aan Hom die heerlikheid en die krag tot in alle ewigheid! Amen. Openbaring 1:4-6 

wat is

die ewige lewe

En dit is die ewige lewe, dat hulle U ken, die enige waaragtige God,
en Jesus Christus wat U gestuur het.
Johannes 17:3

...leer van My... &

 TOETS DIE LEER 

  Matthéüs 11:29-30; Titus 2:7-8; 2 Timótheüs 2:15. 

WANT GOD IS LIEFDE...

WANT GOD IS LIEFDE...

GOD MET ONS...

GOD MET ONS...

SEUN VAN DIE LEWENDE GOD...

ENIGGEBORE SEUN...

OM REG TE STEL...

OM REG TE STEL...

IS ONS NOG

KLIP HARd?

 Eségiël 36:22-32; Hebreërs 8:8-11
WANT GOD IS LIEFDE...

net liefde.

*Niemand het ooit God gesien nie; die eniggebore Seun wat in die boesem van die Vader is, dié het Hom verklaar.*Hy is die Beeld van die onsienlike God, die Eersgeborene van die hele skepping;*Hierin is die liefde van God tot ons geopenbaar, dat God sy eniggebore Seun in die wêreld gestuur het, sodat ons deur Hom kan lewe.*Want so lief het God die wêreld gehad, dat Hy sy eniggebore Seun gegee het, sodat elkeen wat in Hom glo, nie verlore mag gaan nie, maar die ewige lewe kan hê. Want God het sy Seun in die wêreld gestuur nie om die wêreld te veroordeel nie, maar dat die wêreld deur Hom gered kan word.

*Hierin is die liefde: nie dat ons God liefgehad het nie, maar dat Hy ons liefgehad het en sy Seun gestuur het as ‘n versoening vir ons sondes. Geliefdes, as God ons so liefgehad het, behoort ons ook mekaar lief te hê.*Hieraan sal almal weet dat julle my dissipels is, as julle liefde onder mekaar het.

 *Niemand het God ooit aanskou nie. As ons mekaar liefhet, bly God in ons en het sy liefde in ons volmaak geword.Hieraan weet ons dat ons in Hom bly en Hy in ons, dat Hy ons van sy Gees gegee het.

*En ons het aanskou en ons getuig dat die Vader die Seun as Verlosser van die wêreld gestuur het. Elkeen wat bely dat Jesus die Seun van God is—God bly in hom, en hy in God. En ons het die liefde wat God tot ons het, leer ken en geglo. God is liefde; en hy wat in die liefde bly, bly in God, en God in hom.

*Hierin het die liefde by ons volmaak geword, dat ons vrymoedigheid kan hê in die oordeelsdag; want soos Hy is, is ons ook in hierdie wêreld. Daar is geen vrees in die liefde nie; maar die volmaakte liefde dryf die vrees buite, want die vrees sluit straf in, en hy wat vrees, het nie volmaak geword in die liefde nie.

*Want die Vader oordeel ook niemand nie, maar het die hele oordeel aan die Seun gegee, sodat almal die Seun kan eer net soos hulle die Vader eer. Wie die Seun nie eer nie, eer nie die Vader wat Hom gestuur het nie. …*Vrou, waar is daardie beskuldigers van jou? Het niemand jou veroordeel nie? En sy antwoord: niemand nie, Here. En Jesus sê vir haar: Ek veroordeel jou ook nie. Gaan heen en sondig nie meer nie. *Die liefde doen die naaste geen kwaad nie; daarom is die liefde die vervulling van die wet. *Moenie oordeel nie, sodat julle nie geoordeel word nie. Want met die oordeel waarmee julle oordeel, sal julle geoordeel word; en met die maat waarmee julle meet, sal weer vir julle gemeet word.

*Voorwaar, voorwaar Ek sê vir julle, wie my woord hoor en Hom glo wat My gestuur het, het die ewige lewe en kom nie in die oordeel nie, maar het oorgegaan uit die dood in die lewe.*Hy wat in Hom glo, word nie veroordeel nie; maar hy wat nie glo nie, is alreeds veroordeel omdat hy nie geglo het in die Naam van die eniggebore Seun van God nie. En dit is die oordeel: dat die lig in die wêreld gekom het, en die mense het die duisternis liewer gehad as die lig; want hulle werke was boos.*En Jesus het uitgeroep en gesê: Wie in My glo, glo nie in My nie, maar in Hom wat My gestuur het. En wie My aanskou, aanskou Hom wat My gestuur het. Ek het as ‘n lig in die wêreld gekom, sodat elkeen wat in My glo, nie in die duisternis sou bly nie. En as iemand na my woorde luister en nie glo nie, Ek oordeel hom nie; want Ek het nie gekom om die wêreld te oordeel nie, maar om die wêreld te red. Wie My verwerp en my woorde nie aanneem nie, het een wat hom oordeel: die woord wat Ek gespreek het, dit sal hom oordeel in die laaste dag.

*Geliefdes, laat ons mekaar liefhê; want die liefde is uit God, en elkeen wat liefhet, is uit God gebore en ken God. Hy wat nie liefhet nie, het God nie geken nie, want God is liefde.

*Joh. 1:18; Kol. 1:15; 1 Joh. 4: 9; Joh. 3:16-17; 1 Joh. 4:10-11; Joh. 13:35; 1 Joh. 4:12-131 Joh. 4:14-161 Joh. 4:17-18Joh. 5:22-23Joh. 8:10-11; Rom. 13:10;

Mat. 7:1-2Joh. 5:24Joh. 3: 18-19; Joh. 12:44-48; 1 Joh. 4:7-8           

Al sou ek die tale van mense en engele spreek, en ek het nie die liefde nie, dan het ek ‘n klinkende metaal of ‘n luidende simbaal geword. En al sou ek die gawe van profesie hê en al die geheimenisse weet en al die kennis, en al sou ek al die geloof hê, sodat ek berge kon versit, en ek het nie die liefde nie, dan sou ek niks wees nie. En al sou ek al my goed uitdeel, en al sou ek my liggaam oorgee om verbrand te word, en ek het nie die liefde nie, dan sou dit my niks baat nie. Die liefde is lankmoedig en vriendelik; die liefde is nie jaloers nie; die liefde praat nie groot nie, is nie opgeblase nie, handel nie onwelvoeglik nie, soek nie sy eie belang nie, word nie verbitterd nie, reken die kwaad nie toe nie, is nie bly oor die ongeregtigheid nie, maar is bly saam met die waarheid. Dit bedek alles, glo alles, hoop alles, verdra allesDie liefde vergaan nimmermeer; maar profesieë—hulle sal tot niet gaan; of tale—hulle sal ophou; of kennis—dit sal tot niet gaan. Want ons ken ten dele en ons profeteer ten dele. Maar as die volmaakte gekom het, dan sal wat ten dele is, tot niet gaan. Toe ek ‘n kind was, het ek gepraat soos ‘n kind, gedink soos ‘n kind, geredeneer soos ‘n kind; maar nou dat ek ‘n man is, het ek die dinge van ‘n kind afgelê. Want nou sien ons deur ‘n spieël in ‘n raaisel, maar eendag van aangesig tot aangesig. Nou ken ek ten dele, maar eendag sal ek ten volle ken, net soos ek ten volle geken is. En nou bly geloof, hoop, liefde—hierdie drie; maar die grootste hiervan is die liefde.  1 Korinthiërs 13:1-13

toets die leer

na bo
el-o-heem' Met Ons...

DIE HEILIGE GEES VAN VADER & SEUN.

En die wat in die vlees is, kan God* nie behaag nie; julle is egter nie in die vlees nie, maar in die Gees, as naamlik die Gees van God* in julle woon. Maar as iemand die Gees van Christus nie het nie, dié behoort nie aan Hom nie. Maar as Christus in julle is, dan is die liggaam dood vanweë die sonde, maar die gees is lewe vanweë die geregtigheid. En as die Gees van Hom+ wat Jesus uit die dode opgewek het, in julle woon, dan sal Hy wat Christus uit die dode opgewek het, ook julle sterflike liggame lewend maak deur sy Gees wat in julle woon. Romeine 8:8-11 (Rom.1:1-4, 7* Gal.1:1+)
…een God en Vader van almal, wat oor almal en deur almal en in julle almal is. Efésiërs 4:6

Niemand het God* ooit aanskou nie. As ons mekaar liefhet, bly God in ons en het sy liefde in ons volmaak geword. Hieraan weet ons dat ons in Hom bly en Hy in ons, dat Hy ons van sy Gees gegee het. 1 Johannes 4:12-13 (Joh.1:18*)

En bedroef nie die Heilige Gees van God* nie, deur wie julle verseël is tot die dag van verlossing. Efésiërs 4:30 (Efé.1:2, 3*(Jes.63:10, 11. Konteks 7-16) 

Daarom, hy wat dit verwerp, verwerp nie ‘n mens nie, maar God* wat ook sy Heilige Gees  aan ons gegee het. 1 Thessalonicense 4:8 (1 Thes.1:1-10*)

Weet julle nie dat julle ‘n tempel van God* is en die Gees van God in julle woon nie? 1 Korinthiërs 3:16 (1Kor.1:3, 9*) 

Skep vir my ‘n rein hart, o God,* en gee opnuut in die binneste van my ‘n vaste gees. Verwerp my nie  van u aangesig nie en neem u Heilige Gees nie van my weg nie. Psalms 51:12-13 (H430*)

En omdat julle kinders is, het God* die Gees van sy Seun in julle harte uitgestuur, en Hy roep: Abba, Vader! Galásiërs 4:6 (Gal.1: 1, 3 en 4*) 2 Kor. 1:21, 22, Rom.5:5

Aangaande hierdie saligheid het die profete wat geprofeteer het oor die genade wat vir julle bestem is, ondersoek en nagevors, en hulle het nagespeur op watter of hoedanige tyd die Gees van Christus wat in hulle was, gewys het, toe Hy vooruit getuig het van die lyde wat oor Christus sou kom en die heerlikheid daarna. 1 Petrus 1:10-11

Want ek weet dat dit deur julle gebed en die ondersteuning van die Gees van Jesus Christus my tot heil sal strek, Filippense 1:19

Belofte: Luk. 24:49; Hnd. 1:4 en 2:39

Die Krag van die Gees: Luk. 4:14, 6:19, en 24:49; Rom. 15:19; Hnd. 1:8 en 10:38

Die salwing van die Heilige: Luk. 4:18; 1 Joh. 2:20; 27; Hnd. 10:38; Jes. 61:1-3

Die Vinger van God: Luk. 11:20

Gawe: Hnd. 2:38, 10:45; Heb. 6:4

7 Geeste van God: Opb. 5:6 en 4:5

Heerlikheid~ van die Vader: Rom. 6:4

‘n Lam met 7 horings en 7 oë: Opb. 5:6

Sy Krag (5): 1 Kor. 6:14+

Soos ‘n Duif: Mat. 3:16; Mark. 1:10; Luk. 3:22; Joh. 1:32

Tonge soos van Vuur: Hnd. 2:3

7 Vuurfakkels: Opb. 4:5

Werking** van God: Kol. 2:12

Wind: Joh. 3:8; Hnd. 2:2

Gees Van…: Here (1), Wysheid (2), Verstand (3), Raad (4), Sterkte (5), Kennis (6), Vrees (7) van die Here.* Jesaja.11:2 (H3068*)

…dat die God van onse Here Jesus Christus, die Vader (1) van die heerlikheid~, aan julle die Gees van wysheid (2) en openbaring in kennis (6) van Hom mag gee, verligte oë van julle verstand (3), sodat julle kan weet wat die hoop van sy roeping en wat die rykdom van die heerlikheid van sy erfdeel onder die heiliges is; en wat die uitnemende grootheid van sy krag (5) is vir ons wat glo, na die werking** van die krag (5) van sy sterkte (5) wat Hy gewerk** het in Christus toe Hy Hom uit die dode opgewek het en Hom laat sit het aan sy regterhand in die hemele, Efésiërs 1:17-20

VERSE VIR VERDERE STUDIE:

Mat. 28:20; Gen.1:1 en 2; 2 Sam. 23:2; Psalm 104:30, 31; 139:4, 7; 1 Kor. 6:19; 12:3-13; 2 Kor. 3:16-18 (2 Kor. 1:2, 3) Gal. 2:20; Luk. 1:35; 4:14-18; Joh. 4:16-20 (Mat. 28:20), 26; (Opb. 5:6) 15:26 en 16:7-13 (Joh. 17:26, 20:21, 22); Hnd. 5:3 en 4

toets die leer

na bo
ENIGGEBORE SEUN...

EK IS DIE BEGIN.

Ek is die Alfa en die Oméga, die begin en die einde, die eerste en die laaste. Openbaring 22:13
Hy is die Beeld van die onsienlike God, die Eersgeborene van die hele skepping; Kolossense 1:15 
           En skryf aan die engel van die gemeente van die Laodicense: Dít sê die Amen, die getroue en waaragtige Getuie, die begin van die skepping van God: Openbaring  3:14
Die HERE het my berei as eersteling van sy weg, voor sy werke, van ouds af. Van ewigheid af is ek geformeer, van die begin af, van die voortyd van die aarde af. Toe daar nog geen wêreldvloede was nie, is ek gebore; toe fonteine, swaar van water, nog nie daar was nie; voordat die berge ingesink het, voor die heuwels is ek gebore; Spreuke 8:22-25 

Wie het na die hemel opgeklim en neergedaal? Wie het die wind in sy vuiste versamel? Wie het die waters in ‘n kleed saamgebind? Wie het al die eindes van die aarde vasgestel? Hoe is sy Naam? En hoe is die Naam van sy Seun—as jy dit weet? Spreuke 30:4 

En Hy is voor alle dinge, en in Hom hou alle dinge stand. Kolossense 1:17
Want aan wie van die engele het Hy ooit gesê: U is my Seun, vandag het Ek U gegenereer? en weer: Ek sal vir Hom ‘n Vader wees, en Hy sal vir My ‘n Seun wees? ^En wanneer Hy weer die Eersgeborene in die wêreld inbring, sê Hy: En al die engele van God moet Hom aanbid. Hebreërs 1:5-6 
Elkeen wat glo dat Jesus die Christus is, is uit God gebore; en elkeen wat die Vader liefhet, het ook die een lief wat uit Hom gebore is. 1 Johannes 5:1
Want God het wat vir die wet onmoontlik was, omdat dit kragteloos was deur die vlees deur sy eie Seun in die gelykheid van die sondige vlees te stuuren dit ter wille van die sonde, die sonde veroordeel in die vlees, Romeine 8:3
Hy wat selfs sy eie Seun nie gespaar het nie, maar Hom vir ons almal oorgegee het, hoe sal Hy nie saam met Hom ons ook alles genadiglik skenk nie? Romeine 8:32  
Want so lief het God die wêreld gehad, dat Hy sy eniggebore Seun gegee het, sodat elkeen wat in Hom glo, nie verlore mag gaan nie, maar die ewige lewe kan hê. Want God het sy Seun in die wêreld gestuur nie om die wêreld te veroordeel nie, maar dat die wêreld deur Hom gered kan word. Johannes 3:16-17  
Hierdie dinge het Ek deur gelykenisse tot julle gespreek, maar daar kom ‘n uur wanneer Ek nie meer deur gelykenisse tot julle sal spreek nie, maar julle openlik van die Vader sal vertel. In daardie dag sal julle in my Naam bid; en Ek sê nie vir julle dat Ek die Vader aangaande julle sal vra nie; want die Vader self het julle lief, omdat julle My liefgehad en geglo het dat Ek van God uitgegaan het^Ek het van die Vader uitgegaan en in die wêreld gekom. Weer verlaat Ek die wêreld en gaan na my Vader. Sy dissipels sê vir Hom: Kyk, nou spreek U ronduit en gebruik geen gelykenis nieNou weet ons dat U alles weet en nie nodig het dat iemand U iets vra nie. Daarom glo ons dat U van God uitgegaan het. Jesus antwoord hulle: Glo julle nou? Johannes 16:25-31                       

toets die leer

na bo
OM REG TE STEL...

hoe lees ons

En die salwing wat julle van Hom* ontvang het, bly in julle, en julle het nie nodig dat iemand julle leer nie; maar soos dieselfde salwing julle aangaande alles leer, so is dit ook waar en geen leuen nie; en soos dié julle geleer het, so moet julle in Hom bly. *En hulle sal nie meer elkeen sy naaste en elkeen sy broer leer en sê: Ken die Here nie; want almal sal My ken, klein en groot onder hulle.

1 Johannes 2:27 & *Hebreërs 8:11*1 Joh.1:3

gratis

Bybel studie hulpbronne.


toets die leer

na bo

vrae & gebedsversoeke, bybelstudie of net gesels...

Ons sal graag van u wil hoor.

Naam E-Pos Adres Boodskap 💌POS 

kontak ons

Maar heilig die Here God in julle harte en wees altyd bereid om verantwoording te doen aan elkeen wat van julle rekenskap eis omtrent die hoop wat in julle is, met sagmoedigheid en vrees; met behoud van ‘n goeie gewete, sodat in die saak waarin hulle van julle kwaad spreek soos van kwaaddoeners, húlle beskaam mag word wat julle goeie lewenswandel in Christus belaster.1 Petrus 3:15-16 

+27 84 089 0680               
 WhatsApp
+27 84 603 0635

schubertfranz8@gmail.com